Tuisblad

Vanaf Debatwiki
Spring na: navigasie, soek

Welkom by Debatwiki[wysig]

'n Trotse Agenda-projek

Debatwiki is 'n webtuiste wat studente, leerders en belangstellendes met fundamentele debatskennis bemagtig en hulp bied ter voorbereiding van 'n debat van enige aard, hetsy dit 'n akademiese, kompeterende of openbare debat is.

Hier kan jy inligting oor die geskiedenis van debat, hoe om debat te voer, verskillende soort debat en die rol van debatsprekers kry. Hierdie webtuiste poog om gebruikersvriendelik vir nuwe debatteerders wees maar is ook terselfde tyd nuttig vir ervare sprekers wat hul vermoë en vaardighede wil opskerp. Alle debatteerders kan bymekaar en uit ervaring by mekaar leer. Hierdie webtuiste skep 'n forum en gemeenskap vir juis hierdie doel.

Die heel belangrikste is egter die deelname aan hierdie webtuiste. Ons moedig graag al ons gebruikers, besoekers en ondersteuners om by te dra tot die argumente, feite, verhale en benaderings wat hier gaan verskyn. Verder is dit van kardinale belang dat alle hoeke, kante en standpunte in 'n debat na vore kom om 'n gesonde kultuur van diskoers te bevorder.

Help en ondersteun debat in Afrikaans deur blaaie by te voeg, voorstelle te maak, inhoud te wysig en te redigeer of deur eenvoudig deel te neem aan die debatte en gesprekke.

Waar begin ek met debat?[wysig]

Debatsteorie

Meer oor debat[wysig]

Afrikaanse Debat in Suid-Afrika

Die Geskiedenis van Debat

Debat en die samelewing

Wenke